Liga reels
REELS VIR LIGASPELERS
1. | Slegs liga lede van die klub sal vir liga wedstryde in aanmerking geneem word. |
2. | Ligaspelers sal ten alle tye die klubreëls gehoorsaam en dit toepas (op die webwerf). |
3. | Ligaspelers se klubgelde sal betaalbaar wees voor of op 1 Maart jaarliks, tensy dit anders bepaal is deur die Voorsitter en die komitee van die klub. |
4. | Ligaspelers sal hulle ten alle tye bepaal by die Reels en Verordeninge van die Northerns Squash Association (NSA) se jongste by-laws. |
5. | Ligaspelers moet ten minste een oefening wedstryd per week reel, ligawedstryde uitgesluit. |
6. | Ligaspelers sal hulself vooraf vergewis van die plek en tyd waar die liga wedstryd sal plaasvind. |
7. | Ligaspelers wat nie ‘n wedstryd kan bywoon nie, sal die spankaptein vroegtydig in kennis stel, ten minste 2 dae voor die ligawedstryd plaasvind, indien omstandighede dit toelaat. Die betrokke speler sal vooraf probeer reel vir ‘n alternatiewe speler en die spankaptein in kennis stel van die speler met al sy besonderhede. |
8. | Die spankaptein vir elke span moet toesien na die volgende : – verseker dat die span volledig is en reel vir ‘n plaasvervanger indien nodig – verseker dat die spelers betyds opdaag vir wedstryde – verseker dat telkaarte beskikbaar is vir tuiswedstryde – verseker dat die uitslag op die webwerf ingelees/bevestig word – verseker dat ‘n skeidsregter/s beskikbaar is vir tuiswedstryde – verseker dat verversings gereel word vir besoekers met tuiswedstryde – verseker dat die bespreking vir tuiswedstryde gemaak is |
9. | Spankapteins en spelers wat plaasvervangers reel, moet verseker dat dit gedoen word volgens die bepalings van die NSA om penalisering te voorkom. |
10. | Indien ‘n ligaspeler sonder verskoning afwesig is vir ‘n ligawedstryd, sal hy met twee posisies op die ranglys gepenaliseer word en weer moet daag. |
11. | Elke ligaspeler sal homself vergewis van die reels soos van toepassing vir ligawedstryde en vir die doel van skeidsregter soos uiteengesit in die jaarboek. |
12. | Geen ligaspeler mag homself skuldig maak aan wangedrag nie. |