Reels
KLUBREELS
1. | LIDMAATSKAP |
1.1. | Enige persoon kan aansoek doen om lidmaatskap by Adelaar Muurbalklub. |
1.2. | Aansoek kan gedoen word vir Liga-, Sosiaal- of Student/Skolier lidmaatskap. |
1.3. | Nuwe lede moet die voorgeskrewe aansoekvorm voltooi. |
1.4. | Bestaande lede en nuwe lede sal ge-aktiveer word op die stelsel nadat die voorgeskrewe fooie betaal is of ‘n reeling met die komitee getref is vir die afbetaling van die fooie. |
1.5. | Elke lid sal ‘n elektroniese lidmaatskapkaart ontvang wat gebruik word vir toegang en besprekings. |
1.6. | Lidmaatskap is jaarliks hernubaar. |
2. | GEDRAG |
2.1. | Lede se gedrag sal altyd onberispelik en tot uitbou van die klub se goeie naam wees. |
2.2. | Geen ongehoorde gedrag sal geduld word nie en oortreders sal versoek word om die perseel onmiddelik te verlaat. |
2.3. | Geen ongeoorloofde taalgebruik sal geduld word nie. |
2.4. | Dissiplinere optrede kan geneem word teen oortreders en ‘n boete, opgeskorte vonnis, tydelike skorsing of permanente skorsing opgelê word indien ‘n lid skuldig bevind word aan ‘n oortreding in die verband. |
3. | GEBRUIK VAN FASILITEITE |
3.1. | Slegs lede van Adelaar Muurbalklub en hulle gaste mag die muurbalfasiliteite gebruik. |
3.2. | Lede sal verantwoordelik gehou word vir die drag en gedrag van hulle gaste. |
3.3. | Lede van die klub moet hulself op enige stadium positief kan identifiseer of bewys van identiteit kan voorlê. |
3.4 | Drank sal slegs by die kroeg voorsien word vir spelers ouer as 18 jaar. Lede word streng verbied om hul eie drank op die perseel te bring |
4. | AANVAARDE DRAGKODE |
4.1. | Alle spelers en gebruikers van die fasiliteite sal behoorlik geklee wees. |
4.1.1. | Mans: Sporthemp met kraag, lang- of kortmou T-hemp, gepaste sportbroek, sweetpak. |
4.1.2. | Dames: Sporthemp met kraag, lang-, kort- of moulose T-hemp, gepaste rompieof sportbroek, sweetpak. |
4.2. | Slegs erkende gomlastieksoolskoene sal toegelaat word – GEEN UITSONDERINGS SAL GEMAAK WORD NIE. |
4.3. | Geen swartsoolskoene, draf- of atletiekskoene sal op die bane toegelaat word nie. |
4.4. | Geen speler mag kaal bolyf op die bane gaan nie. |
5. | BESPREKING VAN BAAN/BANE |
5.1. | Slegs opbetaalde lede van die klub sal toegelaat word om ‘n bespreking te maak. |
5.2. | Lede sal hul elektroniese lidmaatskapkaart gebruik om bespreings te maak. |
5.3. | Slegs liga lede mag vooraf vir spitstyd bespreek tot ‘n maksimum van 14 dae vooruit. |
5.4. | Sosiale lede mag vooraf vir buite-spitstye bespreek. Indien ‘n sosiale gedurende die spitstyd opdaag en daar is geen bespreking nie, mag die onbespreekte sessie geboek word en die sosiale lede speel. |
5.5. | Spitstyd sal van toepassing wees Maandag tot Donderdag vanaf 17:00 tot 20:00. |
5.6. | Buite-spitstyd sal van enige tyd vir die res van die week wees uitgesluit die tye soos van toepassing in paragraaf 5.5. hierbo. |
5.7. | Die bane is beskikbaar 24/7. |
5.8. | Die maksimum tyd wat deur ‘n speler vooraf bespreek mag word is 1 uur d.w.s. 2 sessies. |
5.9. | ‘n Sessie sal vir ‘n tydperk van 30 minute wees en sal begin op die uur of half-uur. |
5.10. | Persone wat laat opdaag vir ‘n wedstryd sal ‘n grasietydperk van 5 minute gegun word waarna die bespreking verbeur word en ander spelers die baan mag gebruik |
6. | LIGABEPALINGS |
6.1. | Liga wedstryde sal voorrang geniet bo enige ander besprekings. |
6.2. | Slegs liga lede van die klub sal op die ranglys verskyn en in aanmerking geneem word vir liga wedstryde |
6.3. | Elke ligaspeler sal ‘n NSF registrasienommer ontvang wat in alle liga bepalings gebruik moet word op die telkaart. |
6.4. | Liga lede sal verantwoordelik wees om te verseker dat hulle besonderhede op die ranglys korrek is. |
6.5. | Ligaspelers sal hulle te alle tye bepaal by die Reels en Verordeninge van die Northerns Squash Association (NSA) en die enkelspelreels van die World Squash Federation (WSF). |
7. | ALGEMEEN |
7.1. | Lede wat later gedurende die jaar aansluit mag ‘n prorata betaling maak ten opsigte van lidmaatskap fooie soos bepaal en goedgekeur deur die komitee. |
7.2. | Geen rokery sal in die muurbalsentrum of badkamers toegelaat word nie. |
7.3. | Spelers sal ten alle tye sorg dat die bane en kleedkamers in ‘n netjiese toestand gelaat word. |
7.4. | Lede sal altyd strewe om die belange van die klub en sy lede te bevorder. |
7.5. | Enige oortredings van die bogenoemde reëls is strafbaar met ‘n boete van hoogstens R500-00 of ‘n opskorting van lidmaatskap vir ‘n tydperk soos besluit deur die Bestuurskomitee van die Adelaar Muurbalklub.1. Slegs liga lede van die klub sal vir liga wedstryde in aanmerking geneem word. |